OP DIE liefde
GELUK, Mev. Golding! Destyds in 7de Laan, talle kere op SARIE se voorblad, in 2016 ook seremoniemeester by ons Voorbladgesiggala-aand in Kaapstad, en nou Mev. Golding. Aktrise Amalia Uys is op 9 Desember by Robertson getroud met Shaun Golding. * Sien bl. 43 en SARIE.com/bruid vir nog troufoto’s.
Dis ’n hart vol
Liefde is baie dinge. Hier’s ons lesers en die SARIE-span se mooiste liefdeswoorde: somerreën, winterson, drukkies, koester, omgee, klapsoen, respek, bome, familie, huwelik, diere, natuur, bokkie, baby, beskuit, regverdigheid, lojaliteit, vashou, vryheid, rooiwyn, Karoo, skaterlag, ouma, vlinders, satyn, onvoorwaardelik, opoffering, sjokolade, viooltjies, donskombers, ma-kos, vertroue, vir altyd.
Natuur-lik mooi!
Lief vir mekaar, is die betekenis van Thandana. Van hul handgemaakte leer-items word nou gekombineer met prettige gelamineerde tekstielontwerpe. Ons hou van die groen Shelly Beach-ontwerp,…
