Ek wou graag ’n tuin met bome hê. Dit gee kalmte Tinarie ‘Om aan my huis en tuin te werk aard my’
Tinarie van Wyk-Loots
Aktrise, Riebeek-Kasteel Sy wens haar ma, Ansie Loots, wat aan kanker oorlede is, kon die huis op Riebeek-Kasteel sien waar sy sedert 2014 woon.
“Sy sou so trots gewees het. Ag, ek huil sommer nou. Ek mis haar so bitterlik baie,” sê die veelbekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots.
Haar verloofde, die akteur Erik Holm, ’n kwadrupleeg, het die begin van die jaar met sy assistent, Louis Mabunda, by haar ingetrek. Hulle sit graag by die tafel onder die boom in die tuin, drink ’n koppie koffie en dink: Die lewe is goed. Om haar speel die katte Ethel, Evette, Mia en Snoop. ’n Paar hoenders…
