‘Ons verkoop produkte wat ekobewustheid skep’ Nicki Ellis en Matt Finch, eienaars van die Kaapse ontwerpateljee LoveMilo
’NBlaar, tak of oneweredige klip . . . Nicki Ellis en haar man, Matt Finch, is dol op “onvolmaakte volmaaktheid”. “My ontwerpe probeer harmonie vind tussen die natuur en mensgemaakte elemente – dís uniek,” sê Nicki.
Dit is die paar se doel om ekobewustheid met hul produkte – koppies en pierings, bekers, piekniekkomberse, kussings, doeksakke, skootrekenaaromhulsels en skouersakke – oor te dra. “As jy soggens tee drink, moet jy al begin dink aan die natuur,” glo Nicki. “Ons lewe hang af van die aarde se voortbestaan – dit is ons suurstof, ons wese. Ons moet dit eer.”
Hul produkte word op 100%-katoen gedruk met ekovriendelike ink en word plaaslik vervaardig. “Ons wil op…
