9 Augustus, Vrouedag – ’n dag waarop
Donnalee Roberts
’n glasie geklink het op presies een jaar vóór die uitreiking van die rolprent Stroomop *, wat afspeel op die Oranjerivier in die Noord-Kaap. Daar “in die middel van alles . . . en van nêrens, en een van ons uitdagendste projekte nog!”, sê sy. Stroomop volg vyf uiteenlopende vroue wat kop bo water probeer hou. Die perfekte ma, die perfekte loopbaan, die perfekte voorkoms . . . Vroue wat gemaal en meegesleur word deur die lewe, en soms net die lewe oor hulle laat rol. “Ons ken hierdie vroue, want ons ís hierdie vroue. Maar as ons mekaar net kan sién, mekaar se seer en moeilik, en meer nog, mekaar se mooi, sal…
