Ons seuns stel nie belang in hul ouers se roem nie Natasha
Ek wil graag dink dat die lewe se oppe en affe van my 'n beter aktrise gemaak het Natasha Ja, erken Natasha Sutherland, sy’s móég. Maar sy lag terwyl sy dit sê, skud haar kop – daai tipiese ek-het-twee-tienerskopskud.
Dit gaan goed met haar, en jy kan dit sien. Sy lyk stralend, sy lag maklik en gereeld, het die afgelope paar jaar haar bruin hare vir sagte blonder lokke verruil. Selfs die voorlopige titel vir haar volgende boek en motiveringspraatjie, Happy, is die teenoorgestelde van haar eerste boek, Bittersoet.
“Om te skryf is my manier om moeilike dinge te verwerk,” sê sy. “My eerste twee boeke, Bittersoet [2009] en Sprokie [2011], het ’n doel gehad –…