Boerdery is waarlik ’n kuns, met vele veranderlikes soos die grond, weer, werkers en bemarking wat in ag geneem moet wordAngus McIntosh Goeiemôre, my meisies!” groet Angus elke oggend sy spierwit lê-henne.
“Hoe gaan dit met jou, hartjie?” vra hy vir die een onder sy arm en streel haar saggies oor die kop. Só herbevestig hierdie hoenderboer op die Spier-wynlandgoed, naby Stellenbosch, doelbewus sy liefde en toewyding aan dié diere.
Dit vorm deel van die groter biodinamiese visie van die plaas as ekosisteem, sê Angus, wat onder meer behels dat kos van die hoogste gehalte geproduseer word met geen of baie min negatiewe impak op die omgewing. Hy glo gelukkige diere lewer smaaklike produkte, en hy is glad nie skaam om te sê sy henne se eiers is die beste…
