SINK, EIER, SINK
Is die eiers nog vars? Probeer die dryftoets. Plaas een vir een in ’n glasbak met koue water. As die eier baie vars is, sal dit plat op die bodem gaan lê. Dryf dit nié maar die smaller kant lig op, is dit steeds eetbaar maar nie meer vir lank nie. Lig albei kante op, of dit dryf boontoe: Los, dis oud. Die dryftoets werk omdat lug in die eier opbou soos wat dit verouder, wat die dryfvermoë verhoog.
49 O, boeretroos . . .
Dís die persentasie wat jóú risiko, koffiedrinker, minder is om aan chroniese lewersiekte te sterf, volgens ’n studie in die joernaal BMC Public Health . Dis nou in vergelyking met jou nie-koffiedrinkende pel s’n. Jou kans om die toestand hoegenaamd te…
