KAAPS-MALEISE REIS
Kaap, kerrie en koesisters se Fatima Sydow is terug met ’n nuwe kookboek. In My story, my heritage (Human & Rousseau, R395) onthou sy haar grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die feeste van die Kaaps-Maleise kultuur. Met tussendeur stories van Ramadaan, Labarang en troues, gul geregte soos dhalkerrie, bruin bredie, splitertjiesop, daltjies en boeber.
BEGIN JOU DAG SO
Geniet 100 resepte om jou dag goed te begin in 100 Morning Treats (Chronicle Books, R600) deur Sarah Kieffer. Soet of sout, van muffins tot skons, vinnige brode, quiche en soetgebak soos doughnuts, dié boek is vir elke soort bakker. Dit het lieflike foto’s, met wenke oor hoe jy met deeg werk tot jou voorbereiding die vorige aand sodat jy jou ontbyt- of teebederf die volgende oggend vars kan…
