Spekuloos, spekulaas, spekulatius . . . Nee, dis nie siekte nie, as spekulatius jou dalk ’n oomblik gegooi . Dit het ook niks te doen met ’n spekulum, daai spieëlinstrument wat dokters gebruik nie. In dié tydskrif praat ons oor lekker kos. En spekuloos . . . spekulaas . . . watsenaam is ’n tradisionele broskorsspeserykoekie, botteragtig en gekaramelliseerd. Sugar and spice and all things nice . . . Dit word dikwels beskryf as ’n soort gemmerbrood, maar dis ’n bietjie misleidend. Dit het nie heeltemal dieselfde byt nie; die speserymengsel neig na geurig eerder as “warm”.
Eeue lank was dit volksbesit in die Lae Lande, ’n eetding wat met Sinterklaas geassosieer is. Mos die “oupa” van ons eie, liewe Kersvader. Spekuloos, soos dit in België genoem word, word geëet…
