Meer oor die ICA
Geleë in die mooie Banhoekvallei op Stellenbosch, is die ICA bekend vir die bekroonde sjefs en leiers in die kosbedryf wat al hier opleiding ontvang het. Die gevorderde sjefsdiploma van drie jaar word internasionaal erken, met studente wat in hul finale jaar kan kies uit drie spesialiteitsvelde – produkontwikkeling, mediakommunikasie, en professionele wynstudies en geleentheidskoördinering. Die ICA bied nie net wêreldklas-sjefsopleiding nie, maar gee ook opleiding in kosverwante loopbane. Dis deel van ICA-hoof, Letitia Prinsloo, se visie om sjefs op te lei wat hul plek volstaan in professionele kombuise wêreldwyd, maar ook in die groter koswêreld. Besoek icachef.co.za vir meer.
Meer oor die veld
Die ontwikkeling van verfynde proevaardighede, asook die wat, waar, hoe en wanneer van wynkennis is belangrik om ’n professionele wynlys vir ’n…
