My liefde vir Kersfees het op ’n jong ouderdom reeds vlamgevat – letterlik, die twyfelagtige bedrading van ’n string goedkoop Kersliggies het gesorg daarvoor. Trauma ten spyt, is my passie vir die feestyd nie daar geblus nie. (Die verkoolde banke is wel.) Kersfees, vir my, is die nagereg vir elke jaar. Dis die soet ná ’n lang, moeilike, pynlike maaltyd – soos elke keer wanneer ek in ’n restaurant moet eet waar daar speelplek vir kinders is. En mens kan net hoop dat jou nagereg iets lekkers is, miskien sjokoladekoek, of ’n berg roomys, of ’n Jan Ellis-poeding of enige ding wat selfs verlangse familie is van fudge. Maar as hierdie moeilike jaar my enigiets geleer het, is dit om die ergste te verwag – daarom berei ek myself maar…
