FIDDLERS CREEK Oranjerivier, Noord-Kaap
Wat jy kan verwag: Slaan kamp op aan die oewer van die Oranjerivier vir ’n wildernis-wegbreek mét geriewe soos ’n onderdakkombuis, opwasbakke met lopende water, krag en ’n ingeboude braai. Die gewilde vlotvaart-ekspedisies wissel van ’n halfdag tot 5 dae.
Besprekings: 027 761 8953, info@bushwhacked.co.za
BRUINTJIESKRAAL Baviaanskloof, Wes- en Oos-Kaap
Wat jy kan verwag: Dié kampterrein aan die oewer van die Grootrivier is die perfekte basis vir verkenning van die skilderagtige kloof. Elke kampeerplek het ’n spoeltoilet, stort en braaigeriewe. Warm water is beskikbaar. Veral geskik vir paartjies en gesinne.
Besprekings: 084 515 0993, info@bruintjieskraal.co.za
MOTSWEDI Mokala Nasionale Park, Noord-Kaap
Wat jy kan verwag: Die luukse kampterrein het 6 kampeerplekke, natuurlik afgeskort deur kameeldoringbome en elk met sy eie ablusiegeriewe, songeiser, kombuisdeel en opwasarea. Ideaal vir…
