Somer is die tyd vir die buitelug, braai en goeie wyn. Lang, sondeurdrenkte dae waar heerlike vleis, vis en hoender op die kole sis, met genoeg koue, geurige wyn om die gehalte van die kos, kuier en geselskap te vervolmaak.
Orange River Cellars se wyne is gemaak hiervoor. Ons wingerde staan in die ongerepte natuurskoon van die Noord-Kaap, en die suiwerheid van lug, water en grond lei tot druiwe van die allerbeste gehalte. Hiermee skep die wynmakers van Orange River Cellars ’n wye reeks wit-, rooi- en roséwyne vir elke smaak, ook om saam met jou gunsteling-braaigereg te nuttig.
Van ’n verfrissende, vars Chenin Blanc tot Orange River Cellars se vrug-geurige Rosé; smaaklike, soel Colombard tot ’n karaktervolle rooiwyn gemaak van Pinotage, Shiraz of Cabernet Sauvignon, hierdie wynkelder het ’n…
