’n Alibi vir koesterkos
Wat nie doodmaak nie, maak vet. ’n Sêding wat nie op enige wetenskaplike bene staan nie, maar dis nietemin hoe baie gesondheidsbewustes vóél as daar ’n lekkerny oor hul pad kom. En wie kan jou kwalik neem, as jy byna daagliks lees van vetsug en die leefstylsiektes wat daaraan gehaak kan word?
Daarom soek ons ’n “alibi”, ’n verskoning om aan daai soet (of sout) happie te smul. Jy wil dit verorber, ja, maar sonder skuldgevoelens.
Dit kan porsiegrootte wees, en jy troos jouself dus deur net een blokkie van daardie volroom-sjokolade te eet. Of dit kan die byvoeging van ’n heilsame, natuurlike bestanddeel behels, soos vrugte.
Die vervaardigers van peuselkos gebruik dit al lankal, met grane en sade wat onder meer as “alibi” bygevoeg word.…
