Wat is antieke grane?
Dis ’n groep grane wat al eeue lank verbou en gebruik word. Dit het oor honderde jare, sommige sê selfs duisende, dieselfde gebly. En het dus ’n voorsprong bo moderne variante soos koring, rog en mielies wat deur kruising of genetiese veranderinge omvorm is.
Dis tans ’n warm trend en ook nie net onder foodies nie. Ja, die name klink baie eksoties: tef, einkorn, emmer, amarant, boermanna (millet), freekeh, wilderys, quinoa, spelt, bokwiet, chia. Maar dis eintlik in die voedingkundige voordele waar die ou grane bo hul moderne maters uitstyg.
Antieke grane het dikwels ’n lekker taaierige tekstuur, word op ’n eko-vriendelike manier verbou en is ’n nuttige alternatief as jy ’n gluten- en/of koringvrye dieet volg. Of selfs net vir afwisseling in jou dieet. Omdat…
