Vrugte
KYK UIT VIR
Spanspek, waatlemoen, perskes, granaat, appelkoos, grenadella, pere, pruime, aarbeie, swartbessies en appels
Eiervrug Ondanks die naam, dink die meeste mense dis groente, seker omdat dit gewoonlik in sout geregte voorkom. Die vrug is in ’n verskeidenheid kleure soos wit, groen, pers en gestreep beskikbaar.
Druiwe Aan die etenstafel kry ons druiwe meestal in die vorm van wyn. Maak hierdie somer ysblokkies van vars druiwekorrels. Dit sal nie jou wyn verwater nie, en is heerlik verfrissend as dit eers effens gesmelt het.
Groente
KYK UIT VIR
Spinasie, mielies, soetrissies, seldery, artisjokke, mangetout en groenboontjies. En tamaties (maar dis mos ook eintlik ’n vrug)
Beet Die blare van die beetplant is ook eetbaar – die vars blare proe byna soos spinasie. Het jy geweet: In die 19de eeu…
