Vrugte
KYK UIT VIR
Appels, avokado’s, appelliefies, kokosneute, piesangs, dadels, pomelo’s, koejawels, suurlemoene, nartjies, nektariens, lemoene, papajas, pere, pynappels, spanspek, appelkose, kersies, pruime, frambose
Aarbeie Pleks van suiker kan jy eerder ’n klein bietjie balsemasyn en varsgemaalde swartpeper oor jou aarbeie sprinkel. Dit versterk die geur.
Waatlemoen Maak ’n smaaklike vinnige slaai van vars waatlemoenstukke, fetakaas en vars basiliekruid.
Groente
KYK OOK UIT VIR
Aspersies, eiervrug, murpampoentjies, beet, Brusselse spruite, rabarber, krulkool (kale)
Mielies Heel mielies kan ’n jaar bevrore bly, die pitte net 3 – 4 maande. Wit mielies se pitte is harder as dié van geel mielies.
Rooi-ui Dis baie soeter as wit uie. Ideaal vir slaaie, salsas, gemarineer en gerooster. Onthou, as jy rooiuie braai, sal die kleur ligter en soms ’n dowwe bruin word.
Artisjokke Dit…
