PoPPie wys haar slag
In die eerste Kokkedoor-reeks het Poppie Coetzer almal se hart gesteel. Nou kan ons saam met haar onthoukos maak uit Tannie Poppie Kook (Human & Rousseau, R250), haar debuutkookboek, wat pas verskyn het. Kyk uit vir eierlose pannekoek, skep-skons, frikkadelpastei en nog baie meer.
weskus-kos
Snoek is nie ál Weskus-kos nie, soos Kobus van der Merwe en Jac de Villiers in hul nuwe boek, Strandveldfood (Jonathan Ball, R350), wys. Kobus is veral bekend vir sy leef-van-die-aarde-filosofie – hy pluk en oes om hom wat eetbaar is. Geregte soos bobotie kry ’n Weskuskinkel met mossels en strandkool.
FamilieFees
Die blonde wenner van die vyfde Australiese MasterChef-reeks, voormalige fietsryer Emma Dean, se eerste kookboek – A Homegrown Table (Struik, R330) – is propvol maklike resepte en kos wat…
