Voeg geur by maaltye en verminder kalorieë deur die helfte van die vleis (bees, vark, hoender, lam of kalkoen . . . almal werk ewe goed) in resepte vir burgers, vleisbrood, lasagne of frikkadelle met gekapte sampioene te vervang. Maaltye is dan in ’n kits gesonder, lekkerder én ligter op die heupe!
Sampioene werk so goed omdat geen ander kossoort op soveel maniere gebruik kan word terwyl dit sommer ook geur en voedingswaarde na die bord bring nie. Sampioene gee nie net ’n geurige, aardse smaak nie, maar tel boonop as nóg ’n porsie groente en hulle is van nature laag in kalorieë, is vet- en cholesterolvry én verskaf belangrike voedingstowwe soos B-vitamiene, antioksidante en kalium.
So, neem ’n paar slimmer besluite wanneer jy kruideniersware koop. Koop meer sampioene, en…
