En moet dit dan seblief tog nie ’n “lodge” noem nie, want al betaal ons, beskou ons ons nie as gaste of kliënte nie. Daar’s geen eenvoudige antwoord hierop nie. Jagters is soos daardie gekleurde droplekkertjies: All sorts. Maer en vet, mankoliek en fiks, manlik en vroulik, van alle stande en vermoëns, en met allerhande vereistes en giere.
Party jag al 30 jaar met dieselfde geweer en knipmes, ander skik hulself elke jaar na die nuutste mode. Eersgenoemde was vroeër algemeen, deesdae is dit laasgenoemde op wie jagverwante bedrywe hul visiere rig, want kommersialisering en verbruikerskultuur het ook in jag posgevat.
Ja, hoe hét dinge nie verander nie, né? Met al die gadgets en die gear deesdae, en die klem wat van jagkuns na skiettegnologie verskuif het, asook die monetêre…
