Meer as net water
Elektroliete het die afgelope paar jaar al hoe gewilder geword weens die groeiende fokus op hidrasie en algehele welstand. Eens op 'n tyd is dit meestal deur atlete gebruik, maar vandag is dit deel van baie mense se daaglikse roetine vir beter konsentrasie, herstel en bevogtiging.
Dit bevat minerale soos natrium, kalium, magnesium en kalsium wat help om belangrike liggaamsfunksies te reguleer. As jy sweet, intensief oefen of ontwater raak, verloor jou liggaam elektroliete, wat tot moegheid, spierkrampe of duiseligheid kan lei. As jy dit aanvul, word die balans herstel en energievlakke gehandhaaf.
Vir vroue deur vroue
Zoie Health se produkte is ontwikkel om vroue deur elke fase van hul lewe te ondersteun, hetsy fisiek, emosioneel of hormonaal. Dié Suid Afrikaanse onderneming is deur vroue begin…
