Uit dankbaarheid, het Bismarck du Plessis, die voormalige Springbokrugbyspeler, en sy vrou, Anja, besluit om ’n spesiale geleentheid van hul huweliksherdenking te maak en ’n fotosessie op die Oranje Gasteplaas gereël. Anél Botha, wat ook destyds vir Anja se trourok verantwoordelik was, het haar rok ontwerp. Die paartjie het ’n droomhuwelik. Hulle het gereis, ses jaar in Frankryk gewoon, en woon tans op Bethlehem saam met hul vyf kinders.
Anja bedryf ’n suksesvolle onderneming wat uit ’n dekorstudio en interieurafdeling bestaan, en Bismarck boer op hul plaas, Sterling, met beeste, mielies, soja en suikerbone.
Ek wou by hulle weet hoe dit voel om tien jaar getroud te wees en wat die suksesresep vir hul huwelik is.
Bismarck sê die huwelik is iets waaraan ’n mens moet werk. “Daar is nie…
