Die Toua-gesin – Mike, Annelize en hul twee dogters, Camilla (11) en Amore (9) – bly die afgelope vyf jaar in 'n groot huis in 'n weggesteekte landgoed in die Hemelen-Aarde-vallei buite Hermanus. Daar is ook drie honde, Bella (Yorkie), Stella (Australiese herdershond) en Bennie (Skotse terriër), twee katte (Nina en Matewis) en vyf hoenders.
Annelize sê op hul erf is hul woonhuis en 'n losstaande kothuis met sy eie tuin en privaat ingang. Die huis se naam is Menuha, wat “plek van rus” beteken. Die kothuis is Daisy Cottage genoem. “Ons gebruik dit meestal vir kuiergaste en verhuur dit as vakansie-akkommodasie uit.”
Hul huis het drie slaapkamers, twee volledige badkamers, 'n gastebadkamer, 'n braai/vuurherd, 'n TV-kamer, eetkamer, kombuis, swembad, groentetuin, buitebraai, pizza-oond en 'n buitekuiervertrek en buitestort.
Daar is…
