’N KOMPLEKSE TOESTAND
Die verandering van velkleur kan vele oorsake hê, maar wanneer dit die pigment beïnvloed, kan dit oor die algemeen gesien word as ’n tipe pigmentasieversteuring. Daar is twee hoofklassifikasies van velpigmentasie: hiperpigmentasie, waar pigment “oorloop”, en hipopigmentasie, waar pigment verminder. Albinisme, melasma, ouderdomsvlekke, vitiligo, Addisonsiekte, en postinflammatoriese hiperpigmentasie is die algemeenste velpigmentasieversteurings. Tegnologie en wonderlike innovasie en vordering in die formulering van produkte en bestanddele maak dit egter nou moontlik dat ons hierdie toestande meer akkuraat kan identifiseer en behandel, maar eers moet ’n mens weet wat presies plaasvind en waarom dit voorkom.
HERKEN DIE TEKENS
Melasma
VOORKOMS | Dit kan lyk soos bruin vlekke met ’n kantvoorkoms. Dit kan enige plek voorkom, maar word meestal op die gesig gesien, veral op die voorkop, wange, bolip en…
