1 | Dacha Wellness Bushvelsorgreeks,
VANAF R95, WWW.DACHAWELLNESS.COM
Dacha Wellness is deur Shannon Smith, 'n voormalige welstandafrigter en voorstander van holistiese gesondheid, gestig. Elke produk in die Dacha-reeks is met eties verkrygbare bestanddele van hoë gehalte van ekovriendelike verskaffers vervaardig. Daar is aanvullings, superkosse, en velsorg. Dit sluit 'n liproom, SPF50 en weefselolie in, wat met natuurlike en organiese bestanddele, soos kremetart, maroela en Kalaharispanspeksaad vervaardig is, asook verskeie ander botters, vitamiene en natuurlike aktiewe bestanddele.
2 | Essence line n’ STAIN! Tattoo Lip Liner
R59,95, CLICKS
Lipomlyners gee dimensie en volume aan lippe. Jy moet dit egter 'n paar keer deur die dag aanwend, veral nadat jy geëet of gedrink het. Hierdie een werk egter soos 'n tatoe en “vlek” jou lippe as't ware om heelwat langer as 'n…
