Tydens glansgeleenthede of op die rooi tapyt vang die aktrise Zetske van Pletzen altyd die oog. Grasieus en stylvol, is dié klassieke skoonheid gewoonlik in een van haar eie asemrowende skeppings, uit haar eksklusiewe klerereeks Halo Collection, uitgevat.
Gaan loer jy op haar Instagramblad, kry jy dadelik ’n intiemer kykie agter die skerms van Zetske se lewe as entrepreneur, mamma, diereliefhebber, vriendin, danseres, oefen-entoesias en natuurliefhebber. “Ek is eintlik ’n introvert. Mense kan dit eintlik nie glo wanneer hulle na my video's kyk nie. Ek dink daar is ’n wanopvatting dat introverte skaam is, wat nie altyd die geval is nie,” sê sy.
“Ek is glad nie skaam nie, maar ek het baie alleentyd nodig, want ek herlaai wanneer ek op my eie is. Ek is glad nie ’n ‘centre…
