fiksheid VAT DIE PAD
SwitchBag is ontwerp met fietsryers in gedagte, en bied die perfekte oplossing om al jou noodsaaklike toerusting mee te organiseer. Met onvoorspelbare weer en onbekende terrein wat dikwels deel van die reis is, verseker hierdie veelsydige sak dat jy vir enigiets voorbereid is.
Toerusting vir nat weersomstandighede, 'n tweede paar skoene, 'n kopflits, 'n ruimtekombers (space blanket), jou beursie, jou selfoon, kos, drinkgoed, laaiers, sonbril, 'n hand-doek en meer - elkeen het sy eie toegewyde bêreplek.
Maar die SwitchBag is nie net vir fietsry nie; dit is wonderlik vir enige aktiewe mens, en is die ideale dragrootte vir vliegtuighandbagasie. Dit is van veerkragtige, waterbestande neopreen gemaak, met 'n ferm struktuur wat ook maklik platgedruk kan word wanneer dit leeg is. Dit het versterkte stikwerk by strespunte…