Opgewonde, omgekrap, trots, jaloers, kalm, verleë, woedend, salig, onseker … Ons ervaar daagliks 'n wye spektrum van emosies en is geneig om ons lewensgehalte aan die gevoelens wat ons ervaar te meet.
Is jy op goeie voet met jou emosies of word jy, soos baie van ons, by lye eenvoudig meegesleur? Doen jy jou bes om jou gevoelens te ignoreer, of steek jy hulle dalk weg?
Om gebalanseerd met jou emosies om te gaan, veral in ons samelewing wat rasionele denke vooropstel, is 'n uitdaging. Sodra ons egter begryp hoe ons emosies ontstaan, hoekom dit nodig is om aangename én onaangename emosies bestaansreg te gee en hoe ons ons emosies kan beheer, raak dit makliker. Boonop kan ons aanleer om positiewe gevoelens langer te geniet en negatiewe gevoelens vinniger te…