fiksheid DIE RUGKANT VAN PYN
As jy aan rugpyn ly, weet jy hoe aftakelend en frustrerend dit kan wees.
Die rug is ’n komplekse, ingewikkelde en brose struktuur wat uit ligamente, spiere, fascia, gewrigte, en natuurlik bene bestaan. Beserings of ongelukke kan rugprobleme veroorsaak, maar laerugpyn kan ook die gevolg van eenvoudige bewegings wees, soos om te buk om iets op te tel of skielik te draai. Ander algemene oorsake van rugpyn sluit swak postuur, vetsug, stres en artritis in. Rugprobleme kan ook deur jou omstandighede vererger word, soos stres, te veel sit, gereeld hoëhakskoene te dra, of om op ’n te sagte matras te slaap.
Hier is 10 maklike maniere om beter vir jou rug te sorg:
1 | Strek met behulp van joga-oefeninge soos kat- en koeistrekke.
2…