Vier kos en wyn
✢ 5-6 Julie | Food and Wine in the Wild, Krugerstasie, Kruger Nasionale Park, www.krugerstation.com
✢ 13-14 Julie | Franschhoek Bastille-fees, Franschhoek, www.franschhoekbastille.co.za
✢ 27Julie | Pick n Pay se wyn-en-kos-fees, Chris Saunders Park, Umhlanga, www.webtickets.co.za
Heuninglekkerte
I Love Uju is ’n opwindende nuwe handelsmerk in die lekkergoedbedryf, wat in suiwer heuninglekkergoed spesialiseer. Uju beteken heuning in Zoeloe.
Hul lekkergoed word van die beste bestanddele gemaak met ’n klem op suiwer en plaaslik. Dis vegetaries, halaal en bevat nie verfynde suiker, gelatien, gluten, suiwel of kunsmatige preserveerof kleurmiddels nie. Die produkte is reeds in meer as 100 winkels landwyd in geure, soos heuning, gemmer, amandel, rooibos, roosmalva, chai en drop beskikbaar.
Vind meer uit by www.iloveuju.com of www.iloveuju.com/retailers/
Snoep sonder die skuldgevoel
Lancewood se nuwe DIPde’lite-reeks is…
