my storie Net soos ’n voertuig brandstof nodig het sodat die enjin kan loop, net só is daar mense agter die skerms nodig wat as ’n span kan saamwerk, voortdurend vars planne kan maak én dit uitgevoer kry om weekliks die ontbytSAKE-wa deur die drif te trek.
Die gewilde oggendprogram, ontbytSAKE, word Saterdae vanaf 07:30 op kykNET uitgesaai wanneer kykers op ’n unieke manier op hoogte kom van wat in die ekonomie, landbou, weer en sakewêreld aangaan. Maar dit is nie net ’n program waar feite uitgeruil word nie. Hier word ook gelag, geredeneer, geeet en gekuier; net die regte manier om ’n naweek mee af te skop! Om so ’n program saam te stel, lyk dalk op die oog af maklik, maar dit verg deeglike beplanning, tydskedules en navorsing.…