dekor Sharon O'Callaghan-Marais en haar man, Henau, woon die afgelope agt jaar in hul opgeknapte huis “aan die berg se kant” op Riebeek-Kasteel. Hulle woon saam met hul dierekinders, Vivienne, die Ragdoll-kat, Tombi, hul eenjarige “rescue- ouvroutjiehond”, en Iris en Ben, twee herdershonde.
Sharon is 'n binnenshuise versierder en Henau is 'n klankingenieur (location sound recordist), wat meestal aan internasionale dokumentêre programme werk.
Die erf is 2 700 vierkante meter en die huis bestaan uit 'n motorhuis (vir vier voertuie), twee groot slaapkamers, 'n woonvertrek, kombuis en 'n groot kuierstoep. Sharon se ateljee is aan die agterkant van die huis en dien as skakel tussen die motorhuis en huis. Die groot eiendom het amper 'n plaasgevoel met die swembad aan die onderkant van die groot tuin en 'n groentetuin waaruit…