dekor Die Britse egpaar, Jon Fairclough en Esther Hayes, en haar suster, Alison Hayes, woon vir ’n gedeelte van die jaar in hul huis teen die hange van die berg in Gordonsbaai en wanneer die winterkoue begin byt, trek hulle terug Brittanje toe en verhuur die huis op Airbnb tot hulle weer terugkeer.
Die driemanskap het ’n oop erf gekoop en die dienste van Marcus Smit Jacobs Argitekte van Somerset-Wes bekom. Die bouwerk het meer as ’n jaar geduur en hulle kon teen Augustus 2017 intrek.
Die huis bestaan uit vyf en suite-slaapkamers, ’n studeerkamer, gesinsbadkamer, gastetoilet, oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis, ’n aparte opwaskamer, swembad-sitkamer, swembad, binnehof, verskeie balkonne uit bykans al die vertrekke en twee motorhuise.
Dit was vir hulle belangrik om ’n eenvoudige, neutrale en tydlose basis te…