In 'n stil eko-ontwikkeling in Kommetjie buite Kaapstad, het die Blacks die afgelope twee jaar vir hulle 'n tuiste in 'n ruim gesinswoning uitgekerf. Kim, 'n kunstenaar, en Brendan Black, 'n batebestuurder, en hul I jongste kind, Olivia (21), wat regte studeer, woon hier saam met Pablo, die pommer, en Wolfie, die worshond. Die kinders, Adam (28), 'n animeerder, Isabella (25), 'n prokureur en haar man, Samuel, kom almal meeste naweke huis toe.
Die huis het 'n dubbelmotorhuis wat in 'n ruim ateljeeruimte vir Kim verander is, vyf slaapkamers met en suite-badkamers, twee lekker kuier-sitkamers, 'n klein sitkamer vir 'n gastekamer, 'n groot eetkamer en aparte kombuis en 'n kelder.
Ruimte – nie net vir die huis nie, maar ook die erf – was een van die oorwegende faktore Die…