kos Sensasionele somerslaai op twee maniere
✤ 4 porsies
SLAAI
1 pakkie roketblare 1 pakkie roketmikrokruie 1 rooi-ui of sprietuie of albei 6 kersietamaties 6 vars aarbeie, gesny 6 bababeet, gesny 1 avokadopeer, in stukkies gesny 200 g hoenderborsies of 8 krapkloue eetbare mikroblomme JENNA SE GEHEIME SOMERSLAAISOUS
125 ml (½ k) rooiwynasyn 125 ml (½) olyfolie 90 ml (6 e) bruin- of witsuiker, of 5 e rou heuning 5 ml (1 t) Dijonmosterd 4 knoffelhuisies, fyngedruk Himalaya- growwe sout, na smaak growwe swartpeper, na smaak OPSIONEEL
mentblare, fyngekap vars gemmer, gerasper soet basiliekruid, fyngekap SLAAI
1. Was groente en vrugte goed.
2. Berei hoender of krapkloue volgens jou voorkeur voor. Braai of bak hoender tot heeltemal gaar en sny in stukkies op. Kook krap tot gaar, laat afkoel, of koop dié wat reeds gaar is.
3. Meng roketkruie, dungesnyde rooi-ui, kersietamaties, aarbeie en bababeet.
4.…
