Jogurt-en-kekererljieslaai in flessies
4 porsies
500 ml (2 k) gewone jogurt 125 ml (½ k) dille, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngemaal 125 ml (½ k) suurlemoensap 2 x 400 g-blikkie kekerertjies, gedreineer en afgespoel 80 ml (⅓ k) rosyntjies, gedroog 150 g geroosterde soetrissies, gedreineer en fyngesny 1 rooi-ui, fyngesny 2 Mediterreense komkommers, fyngesny 70 g amandelvlokkies, gerooster 10 ml (2 t) harissapasta 10 ml (2 t) olyfolie 1. Meng jogurt, dille, helfte van knoffel en 2 e suurlemoensap in bak. Geur na smaak en hou eenkant.
2. Meng kekerertjies, rosyntjies, soetrissies, ui, komkommer en helfte van amandels in ander bak.
3. Meng harissa, olie en orige knoffel en sap in klein bakkie.
4. Skep jogurtmengsel in vier 375 mlkonfytflessies. Skep slaai bo-op, gevolg deur 1 e harissaslaaisous en orige amandels.
Vervang die kekerertjies met enige ander bone van jou keuse. Jy…
