Dis baie moeilik om nie vandag bedruk en swartgallig oor die stand van Suid-Afrika te voel nie. Die ekonomie wankel, korrupsie hou nie op nie, politici is wel, politid, alles wat kan ineenstort, stort ineen en dan is daar nog ons aartsvyand, Eskom, en die gepaardgaande lang, donker nagte … Asof dit nie genoeg is dat ons met SuidAfrika en sy hutspot van probleme sit nie, is daar ook nog die wêreld en al sy kwessies. Die oorlog in die Oekraïne, ekonomiese probleme, natuurrampe en almal probeer nog om van die Covid-trauma te herstel… Só het elkeen wat hierdie artikel lees boonop sy eie mandjie probleme, wat van gesondheid, verhoudings, kinders, werk tot finansies kan wissel.
As 'n mens eers begin dink aan als wat verkeerd loop of verkeerd kan…
