kos Marlene se kookboek
Een van Marlene se kookboeke en ook in Engels as Plate beskikbaar.
Italiaanse groenteminestrone
8 porsies
15 ml (1 e) botter 30 ml (2 e) olyfolie 1 bruinui, fyngekap 3 preie, gekap 4 selderystingels met blare, fyngekap 4 wortels, geskil en gekap 10 knoffelhuisies, geskil en gekap 6 murgpampoentjies, in ringetjies gesny 150 g koolblare, fyngekerf 300 g-blikkie cannellinibone 300 g-blikkie rooi boontjies 300 g vars gepelde ertjies 4 middelslag-tamaties, geskil, ontpit en fyngesny 4 l groente-aftreksel 500 g pennepasta hand vol vars origanum, gekap sout en varsgemaalde swartpeper na smaak hand vol vars basiliekruid, gekap 150 g parmesaankaas, fyngerasper 1. Smelt botter met olyfolie in groot sopkastrol en braai ui liggies. 2. Voeg preie, seldery, wortels, knoffel, murgpampoentjie, koolblare, bone, ertjies en tamaties by. Giet aftreksel oor en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte effens en laat vir ongeveer 10 minute stadig prut. Voeg pasta…
