1. Sisley se Ecological Compound (R4 200, ARC) help om die mikrobioom van die vel te balanseer terwyl dit die natuurlike verdedigingsmeganismes versterk. Dit dra dan by tot die optimale aktiwiteit van die vel se funksies om dit op die duur sterker, beter bevogtig, gebalanseerd en meer soepel te laat. Dis ideaal om elke dag voor jou bevogtiger of sonroom te gebruik.
2. Jane Wurwand, die stigter van Dermalogica, het 'n paar jaar terug ’n boek, Skin in the Game, geskryf. Dit gaan nie net oor skoonheid nie, maar ook oor hoe jy jou pad in jou loopbaan kan vind, en hoe jy jou ware, unieke doel kan ontdek. Skin in the Game: Everything You Need is Already Inside You, R954, Takealot
3. Die oorspronklike White Tea Eau de Toilette-reeks…
