verhoudings “K onflik in een-tot-een-verhoudings ia onvermydelik,” sê dr Hannetjie van Zyl-Edeling, 'n Johannesburgse voorligtigsielkundige en bemiddelaar. “Twee individue wie se sienings, vooekeure, prioriteite, agtergrond en persoonlike geskiedenis verskil, kan kwalik oor alles sasamstem. Warneer ons verstaan wat konflik veroorsaak ea veral hoe ons liggame daarop reageer, kan ons maatreëls in plek stel om dit meer doeltreffend te hanteer.”
Dr Hannetjie sê daar is drie faktore wat tot konflik kan lei: verydelde verwagtinge, 'n gebrek aan respek, en - ironies genoeg - die vermyding van konflik.
“Ons is lief vir mense wat in ons behoeftes kan voorsien, maar wanneer ona nie ons verwagtinge aan hulle kommunikeer nie, ontstaan daar 'n gaping. Ons moet ons behoeftes bekend maak, maar mag nie bloot aanneem dat ons maat ons begeertes sal vervul nie.…