Gryp en gaan
Vul jou gesondheidsroetine maklik en vinnig aan:
GOEIE SPYSVERTERING
Spysverteringsaanvullings soos hierdie bevat verskillende ensieme soos amilase, protease en lipase wat help om verskillende voedingstowwe af te breek. Baie vrugte en groenta bevat ook hierdie ensieme, soos avoksdo's wat lipase bevat en help om vette af te breek. Probeen: Klean+ Gut cleansing Powder R550, www.klean.co.za, wellness Warehouse. Digestive Emzymes (60) R229,95, Wellness Warehouse. Bioharmony Bio-Enzymes For Life (60) R189,95, Dis-Chem.
Leef ligter
Almal ervaar nou en dan daai opgeblase gevoel, maar daar is maniere om verligting te vind. Van die algemeenste oorsake van opgeblasenheid is voedselintoleransie, hardlywigheid, menstruasie en ooreet maar dit verskil vir almal. Natuurlike metodes en hulpmiddels kan wel verligting bring.
Dink hier aan gefermenteerde kosse, probiotika, vesel en aanvullings met suurlemoen, gemmer en appelasyn,…
