LEANDRI DE KOCK, SKOONHEIDSREDAKTEUR
1. Neutrogena Soothing Clear Micellar Jelly Makeup Remover, R129,95, Dis-Chem, is ’n ligte, maar doeltreffende grimeringverwyderaar wat ná gebruik nie jou vel styf en droog laat voel nie.
2. Neostrata Tri-Therapy Lifting Serum, R1 130, www.dermastore.co.za, Hierdie serum is ideaal vir ouer velle, maar dien ook as ‘n voorkomende produk om jou vel gladder, beter bevog en helderder te laat voorkom. Glukonolaktoon (’n polihidroksuur) help ook om selomset aan te moedig.
3. Maison Francis Kurkdjian 724 EDP 70 ml, R3 975, Skins Cosmetics, is ’n skoon, vars parfuum en ek kan nie genoeg daarvan kry nie! Die topnote sluit bergamot en metaalagtige fasette in, terwyl die hart meer blommegeure soos Egiptiese jasmyn insluit. Die basisnote is weer effens warmer danksy sandelhout en muskus.
4. Ek is…
