Propvol
“Açaí-poeier, wat ‘n bietjie soos onversoete donkersjokolade proe, is laag in natuurlike suiker, maar hoog in vesel, wat ideaal vir die spysverteringstelsel is,” sê Leanne Rohrs, stigter van Be Bright.
Sy voeg ook by dat dit ’n uitstekende aanvulling vir alle ouderdomme is omdat dit immuunversterkende eienskappe het. Verder bevat dit antioksidante wat voordelig vir die voorkoms van jou vel is, jou hare en naels kan versterk, energievlakke verhoog asook help om inflammasie in gewrigte te verminder.
Açaí-poeier is ’n superkos wat ryk is aan vitamiene A, Bl, B2, B3, C en E, asook kalsium, sink, magnesium en koper. Die donkerpers daarvan is ’n aanduiding dat dit ryk aan anthocyanins is. Dis ’n antioksidant wat vrye radikale beveg. En as dit nie genoeg was nie, is dit ook vol…
