TEMAS VAN DIE MAAND
Dís Vrouemaand en ons fokus op vroueskrywers. Lees meer oor ’n nuwe spanningsriller, oor wenke om met integriteit te leef, ’n fantasieverhaal vir jong volwassenes en ’n beroemde roman wat in al 15 tale, en nou ook in Afrikaans, vertaal is.
Blinde mol of wyse uil?
SUSAN COETZER
Lux Verbi (NB-Uitgewers), R192Dié boek, geskryf deur die gewilde aktrise, skrywer en motiveringspreker Susan Coetzer, gaan oor die groot behoefte aan mense met integriteit – daardie eienskappe wat van hulle veelsydige, standvastige en betroubare uile maak.
Staatmakers. Dit word as humoristies, diepgaande en eerlik bestempel, met prettige vraelyste aan die einde van elke hoofstuk.
Die tienduisend dinge
MARIA DERMOÛT (AFRIKAANSE VERTALING DEUR ENA JANSEN)
Protea Boekhuis, R295De tienduizend dingen (1955) is die skrywer se beroemdste boek. Dit word…
