Sy hou op die kop twaalfuur by die Plaas-kombuis in Blackheath, Randburg, stil waar ons ontmoet. Lourensa lyk stylvol in ’n mosgroen bloes, ’n langbroek en deftige skoene. In die werklike lewe is sy nog kleiner en fyner as wat sy op die kassie lyk, maar soos ons hierdie dinamiese joemalis en TV-aanbieder die afgelope paar jare leer ken het, is sy nie iemand wat jy op haar baadjie moet takseer nie.
Kyk, hierdie vrou ken haar storie, veral wanneer dit by aktuele en politieke kwessies kom. Lourensa voer weekliks met gemak onderhoude met vername politieke swaargewigte, rolspelers, besluitnemers, nuusmakers en ingeligte joemaliste.
A1 het sy die vorige aand (soos elke Woensdagaand op kykNET) haar gespreksprogram, In gesprek met Lourensa Eckard, seepglad genavigeer, lyk sy vandag douvars en gefokus.
Wat…
