Wees op die uitkyk na die nuwe Hollywood-magnaat! Sy is kort, pragtig en talentvol! Haar naam: Reese Witherspoon. Die meisie uit die suide is stil-stil besig om ’n produksiemaatskappy te vestig wat TV-reekse maak wat vroue (en mans) graag wil sien! Vir dekades, selfs eeue, was mans die besluitnemers in Hollywood. Maar diversiteit is die nuwe wagwoord en Reese gebruik die geleentheid om saam met topaktrises soos Meryl Streep, Nicole Kidman (Big, Little Lies), Jennifer Aniston (Morning Show) en Kerry Washington (Little Fires Everywhere) reekse te vervaardig waarin vroue die hoofrolle speel, voor én agter die kamera, en waarna vroue, en selfs mans, graag wil kyk.
Dié keer gesels ons met Reese oor Morning Show, die nuwe reeks wat sy vir Apple se stroomdiens gemaak het. Reese en Jennifer Aniston…
