KITSGIDS
BLOEDSUIKER, INSULIEN EN DIABETES
• Glukose (bloedsuiker): Jou liggaam se brandstof, wat elke sel, van jou breinselle tot jou toontjienael, benodig. Jou liggaam breek koolhidrate (brood, aartappels, rys, soetgoed) maklik af na glukose. Jy kan ook proteïene (vleis, vis, eiers) afbreek na glukose, op ’n ander metaboliese roete.
• Hiperglisemie: Hoë vlak van glukose (of suiker) in die bloed – die rede waarom mense tipe 2-diabetes ontwikkel.
• Hipoglisemie: Lae vlak van bloedglukose of bloedsuiker – gevaarlik vir diabete, want sonder brandstof kan jou liggaam nie funksioneer nie.
• Insulien: Sodra jy koolhidrate eet en afbreek na glukose, styg jou insulienvlak. Hierdie hormoon “trek” glukose in jou selle in, waar hulle dit vir energie gebruik. Tipe 1-diabete het nie insulien nie; tipe 2-diabete het insulien maar hul selle het insulienweerstandig (“onsensitief”) geraak en…