MY DAE volg mekaar met gereelde gang op, met afgemete pas, met tye eenselwig, geroetineerd. Ek volg die nuus, ek volg die weervoorspelling, loer gou op Twitter, facebook, Instagram. Ry gou hiernatoe, daarnatoe, beplan, tref reëlings vir die dae, weke wat kom. Jy merk dae in jou kalender, so en so se verjaarsdag, die dag toe sy dit of dat behaal het, die geboorte van ’n kleinkind, die sterfdatum van ’n geliefde ...
Maar belangrike dae gaan net so vinnig verby soos die gewone dae. Jy kan nie aan enige oomblik langer vashou as ’n ander een nie. Maar ek voel jy kan hulle in jou gedagtes merk. Daardie dag toe ... en in jou geheue ’n blink ster daarby plak. In hierdie dae waar ons so beïnvloed word deur…
