Wanneer ek die woord ‘erfenis’ hoor, hoor ek die woorde ‘my mense’. En ons kos, ons klere, ons manier van praat, ons lag en hartseer,” sê die veelsydige rapper, skrywer, digter, performer, TV- en radioaanbieder, motiveringspreker, opvoeder en aktivis, Simon Witbooi (37), oftewel HemelBesem.
Dié talentvolle man se brugbouwerk is die afgelope paar jaar met talle pryse bekroon – onder meer met ’n Ghoema, ATKV Mediaveertjie, Woordtrofee en Kanna. Sy jongste album heet God praat Afrikaans.
Simon het pas ’n dokumentêr oor Afrikaanse hip-hop voltooi en sy boek, Straatpredikante, oor dié kultuur, verskyn binnekort by LAPA-uitgewers. Hy meen Afrikaanse hip-hop het ontstaan in die breine van onder andere die argitekte van Prophets of the City in dieselfde tyd toe hip-hop in die tagtigerjare in Amerika begin vlamvat het.
“Hierdie teorie…
