Die reuse-windpomp in ’n welige tuin van ’n woongebied in Johannesburg se noordelike voorstede, is die eerste weggee. Northcliff is die splinternuwe tuiste van die gewilde Plaaskombuis-restaurant. Onder die leiding van die begeesterde sjef Johan Smith het die eet-en-kuier-plek sedert 2015 groot aftrek in Bergbron gekry, maar sedert die begin van 2019 is hy en sy span fluks aan die kook in ’n statige huis met ’n ruim groen tuin in Weltevredenweg. Stedelinge en gesinne uit verskeie kultuurgroepe sit veral naweke om die gesellige tafels aan om Johan se hoofsaaklik boere-cuisine te beproef. Danksy ’n spyskaart eg aan sy plaasseunwortels, kan jy ná die week se verwelkomingsdrankie – dink huisgemmerbier in ’n blikbekertjie – aan tradisionele geregte smul, insluitende poetoepap, kaiings, skilpadjies, vetkoek, roosterkoek, jafels, boepensbrood, hoenderbrandbek (kerriehoeder met stampmielies…
